Kerk van Skotland




Kerk van Skotland


Nasionale kerk van
Vlag van Skotland Skotland


Geloofsrigting

Calvinisme


Organisasievorm

Presbiterianisme


Gemeentes

1 329


Ledetal

330 000 (2020)


Webtuiste
churchofscotland.org.uk

Die Kerk van Skotland (Engels: Church of Scotland, Skots: The Scots Kirk, Skots-Gaelies: Eaglais na h-Alba, informeel bekend as the Kirk) is die nasionale kerk van Skotland. Naas sy Protestantse en Presbiteriaanse karakter word die Kerk van Skotland gekenmerk deur die aanvaarding van menings-, spraak- en gedagtevryheid ten opsigte van kwessies wat nie die grondbeginsels van die Geloof raak nie en akkommodeer dus 'n verskeidenheid teologiese strominge wat hulself – in terme van hul leerstellings, etiese waardes en uitleg van die Skrif – as liberaal of behoudend sou beskryf.

Die Kerk van Skotland voer sy historiese wortels terug na die begin van die Christelike tydperk in Skotland omstreeks 400,[1] alhoewel sy identiteit veral deur die Protestantse Hervorming in 1560 en die werk van kerkhervormers soos John Knox gevorm is. In Desember 2013 was 7,5 persent van die bevolking van Skotland – of 398 389 persone – belydende lidmate, alhoewel 'n merkbaar groter persentasie van die Skotse bevolking – 27,8 persent of 1,5 miljoen – hulself in die Jaarlikse Skotse Huishoudingsopname van 2014 (2014 Scottish Annual Household Survey) as aanhangers van die Kerk beskryf het. Dié persentasie was selfs hoër in die sensus van 2011 toe 32,4 persent hulself as aanhangers beskryf het.

  1. BBC: Religions – Church of Scotland. Besoek op 22 Junie 2017

Developed by StudentB